Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Philip Liebenberg

@ Sunday Times Books LIVE

How to voice anger. Hoe praat ek wanneer ek kwaad is?

Hoe kalm is jy?

Philip Liebenberg

Die Kapel

9 November 2008

Proverbs 15:1-4

•Pro 15:1 By a soft answer wrath is turned away, but a bitter word is a cause of angry feelings.

•Pro 15:2 Knowledge is dropping from the tongue of the wise; but from the mouth of the foolish comes a stream of foolish words.

•Pro 15:3 The eyes of the Lord are in every place, keeping watch on the evil and the good.

•Pro 15:4 A comforting tongue is a tree of life, but a twisted tongue is a crushing of the spirit.

Word kwaad, maar moenie sondig nie…

•Daar is seker niks erger as wanneer iemand vir jou haarfyn sit en vertel hoe hy/sy iemand anders se kop gewas het nie. Daardie intense behoefte om mense te laat verstaan dat jy nie met jou laat mors nie. En dat jy nie loop en rondtas en soek na perfek geslypte woorde waarmee jy enige teëstander kan weerstaan nie. En dís juis die probleem: die weerstand. Die friksie. Die wrywing. As ons net kan leer om leer om kwaad te word sonder om ons ego’s teen `n ander mens s`n te skuur en so die vonke te laat spat. En wanneer kwaaitjie kabouter vir jou sy geveg met `n ander laat herleef in `n nakonsert waar jy net sy kant van die storie hoor, is hy behoorlik wéér kwaad. Die oë rek, die stem sis en die arms swaai wild – so erg dat die ander mense in die restaurant dink hy of sy baklei met jóú. Die slim mense sê dat mens se are weer swel en kraak met elke herleef van `n oorlog tussen jou en `n ander mens. Dis sleg vir jou gesondheid. Dis sleg vir jou gees. Dis sleg vir jou verhoudings. Jy laat die oorlog-sindroom op Moeder Aarde voortleef en doen niks om die titel “Vredemaker” te probeer verwerf nie. En dis daardie ouens van wie Jesus gesê het dat húlle die gelukkige mense is. Vredemakers. As jy die regte woorde kan leer sê wanneer jy kwaadword, het jy jouself in toom gekry en kan jy `n vegter se hele veglus blus. Dis daar waar mens menswees onder die knie kry – as jy kan ophou om te sê wat in jou siedende kop opkom. Wit vlae kan die hele wêreld oorneem en jou hart kan bedaar.

Vragie:

•Wat is beter – dat jy jou woede onderdruk en jou liggaam siek maak of dat jy uitbars en aan baie gevegte in jou lewe deelneem? Of is daar `n ander uitnemender weg?

Die Novaco Woede Inventaris
Gee by elke hipotese ‘n aanduiding van jou irritasievlakke van geen (0) tot 4 (hoog):

•Jy koop `n toestel, kom by die huis, prop dit in – dit werk nie.

•`n Hersteller probeer jou indoen.

•Jou baas roskam jou en sien jou kollega wat ook skuldig is oor.

•Jou kar val vas in die modder.

•Jy praat met iemand en kry nie antwoord/erkenning nie.

•Iemand gee voor om te wees wat hy/sy nie is nie.

•Jy dra vier koppies koffie en iemand loop in jou vas. Die koffie mors.

•Jy hang jou klere op en iemand gooi dit van die hanger af sonder om dit weer op te tel.

•`n Verkoopspersoon bly om jou karring in `n winkel.

•Jy het `n afspraak met iemand wat op die nipper kanselleer.

•Iemand maak `n gek van jou voor ander mense.

•Jou kar stol by `n kruising en die persoon agter jou lê op sy/haar toeter.

•Jy maak `n blaps wanneer jy bestuur en iemand vra: “Waar het jy leer bestuur?”

•Iemand maak `n fout en beskuldig jou daarvan.

•Jy konsentreer op iets belangriks terwyl iemand langs jou heeltyd met sy/haar voet op die grond “tap”.

•Jy leen `n boek/stuk gereedskap uit en die persoon gee dit nooit terug nie.

•Jy kom tuis na `n slegte dag en iemand trap jou uit omdat jy vergeet het van iets wat jy gedurende die dag moes doen.

•Jy en `n ander persoon praat oor iets en `n derde party val in julle sop en praat nonsens oor die onderwerp.

•Jy wil iets met iemand bespreek, maar kry nie jou sê gesê nie want die persoon is op die verdediging en val jou kort-kort in die rede.

•`n Derde persoon meng in in konflik tussen jou en iemand met wie jy `n argument voer.

•Jy is laat en die motor voor jou beweeg stadig, met geen pad vir jou om verby te kom nie.

•Jy trap in kougom.

•`n Groepie mense lag agter hulle hand oor jou.

•Jy is haastig oppad uit en skeur jou klere deur dit aan ‘n skerp punt te laat haak.

•Jy het al jou geld gebruik om `n oproep te maak en net nadat jy en die persoon hallo gesê het sny die oproep af.

Tellings

•0-45: kalm

•46-55: bogemiddeld kalm

•56-75: gemiddeld

•76-85: jy is kwaad en geïrriteerd

•86-100: gereeld kwaad, intens en dit verdwyn nie gou nie; heethoof; vuurvreter; berg wrewel; uitbarstings; daar is min mense wat so kwaad is soos jy!

My ervaring en raad

•Wanneer jy kwaad is is daar sekere goed wat jy nie moet sê nie:

•goed wat die onderwerp van geveg verder gaan uitbrei en lyf gee (meer inligting);

•inligting wat ander mense by die saak betrek en dit laat uitkring;

•goed wat jou wrokke verbaliseer;

•goed wat die persoon verder van jou sal laat wegstaan;

•goed wat jou die geveg laat wen, maar die persoon as vyand sal laat voortleef;

•persoonlike beledigings;

Wat moet jy sê?

•Goed wat die persoon laat verstaan dat jy vrede wil hê

•Goed wat die persoon laat weet dat jy in sy/haar goedheid glo

•Goed wat die saak so eenvoudig as moontlik hou – geen nuwe sake op die tafel nie!

•Goed wat geen ander mense betrek nie (aanhalings van wat hulle gesê het is uit!)

•Goed wat julle na die gesprek nader aan mekaar sal bring as wat julle nou is.

•Dink drie v’s: Vrede, Vriendskap en Vol van Jesus.

 

Please register or log in to comment