Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Philip Liebenberg

@ Sunday Times Books LIVE

Lag `n slag

Lag weer `n slag

Philip Liebenberg

Die Kapel

16 November 2008

Proverbs 17:22

If you are cheerful, you feel good; if you are sad, you hurt all over.

1995 in Toronto

Was dit die Heilige Gees wat die mense so laat lag het in 1995?

Ek het die fenomeen destyds fronsend ondersoek. Miskien moes ek net ligthen up. Want hoe vroliker die volk van God om my geword het, hoe vieser het die gelag my gemaak.

Dít terwyl mens in die 80’s ver moes soek om `n lawwer student as ek te vind. Ek het dag en nag gelag en glad nie geswot nie. Maar dit het nie so gebly nie. Ek het my humor jare gelede verloor en teveel kunsflieks help ook nie altyd nie!

Ek weet vandag nog nie lekker of Toronto se “blessing” Gees of gemáák was nie, maar een ding blyk vir my waar te wees: lag ís `n “blessing”!

Lag is glo selfs bevorderlik vir kerkgroei: Christian A. Schwartz sê dis bevind dat gemeentes wat lag en humor deel van hulle eredienste maak die vinnigste groei.

Uit Colbert se boek oor Deadly Emotions kry ek die volgende statistiek:

`n Lagfliek doen dit vir jou:

•Stres hormoon cortisol verlaag met 39%

•Goedvoel hormoon endorfien verhoog met 27%

•Groeihormoon verhoog met 87%

•Verlaag jou bloeddruk

Humor in jou spraak:

•Verlaag jou risiko van hartaanval

•Lae stresvlakke en beter gesondheid

•Bevorder die immuniteitstelsel

Google bietjie die genesing van joernalis Norman Cousins en sy projek “Rx Laughter Study”

Toronto in 1995 was baie soos Tanganjika in 1963

1963 in `n Katolieke Skool vir Dogters: 2 dogters begin lag, toe `n hele klas, toe die onderwysers, toe pa’s en ma’s en uiteindelik die hele dorp Bukoba en omstreke. Dit kon nie gestop word nie en is gedokumenteer as die langste lagepidemie ooit! (Sommige ouens is vir uitputting behandel.)

Dalk hét God engele wat mense kielie wanneer hulle `n opkikker nodig het! J

Nog oor lag…

•Oefening: 20 sekondes se uit-die-maag lag = 3 minute op `n roeimasjien

•Vertel `n grap en jou linkerbrein werk – “vang” die grap, begin lag en jou regterbrein werk. Wat daarvan?, mag jy vra. Net dit: `n Humoristiese benadering tot jou probleme sal jou keatiewe oplossings laat vind! Dit maak jou meer plooibaar. Oop vir `n veelheid van moontlike oplossings.

Colbert se voorskrifte

Voorskrif: 1: Glimlag

Die AGS mense het altyd gesê: “Begin in die vlees en eindig in die gees”. Kortom het dit beteken dat jy die Here moet loof al voel jy nie daarna nie. Begin net, jy sal weldra voel hoe die Heilige Gees en jy `n span word en jou hart vervrolik. Colbert sê dieselfde geld lag. As jy nie kan lág nie, glimlag dan “vir starters”.

`n Glimlag reflekteer nie net `n vrolike staat nie, dit skép vrolikheid.

Ek wat Philip is het selfs deur middel van `n glimlag geleer om slegte goed met my te laat gebeur sonder dat dit my vrede versteur. Ry voor my in by `n verkeersirkel en ek glimlag en wuif. Staan voor my en kuier met die bestuurder van die bussie langs jou terwyl die lig lank reeds groen is – ek glimlag en laat jou jou gemeenskapsprojekkie afhandel. Want sien: As swart mense in die pad stilhou, by die vensters uithang en op mekaar begin “skreeu” is hulle maar net besig om my Westerse reëls te oortree. Padreëls. In hulle handves staan dit anders opgeteken. Hulle noem dit gemeenskap. Hartlikheid. Vriendelikheid. Nou laat ek dit toe om voor my te gebeur. Om my die groen lig te laat verbeur. En ek glimlag. Ek val in by die vriendelikheid! En vir my om daardie sprong te kon maak beteken net een ding: Daar ís `n God. Op my eis sou ek nóú nog op my toeter gelê het.

(Daar is natuurlik die “say cheese” glimlag wat baie stresvol is. Oupa sukkel met sy kamera en jy moet jou mondhoeke hoog probeer hóú, terwyl jy kan voel hoe jy soos Gruella de Ville gaan lyk as daai flash afgaan. Kliek-kliek is een ding, maar flash-kliek en jou oë staan net so styf soos jou mond!)

Voorskrif 2: vind vreugde in plaas van geluk

Geluk kom deur die sintuie. En dit vra goed wat jy kan bevoel, beruik en… vry. Die gelukmotief kan verslawings kweek wat uiteindelik al jou kanse op vreugde steel! “Nog-nog!” neem jou lewe oor. En die stil oomblikke tussen die “fixes” is onuitstaanbaar sleg. `n Vriend het my eenkeer gemaan om op te hou water spat tussen twee branders. Net die stil oomblik te geniet. Die oomblikke tussen ekstases toe te laat sonder om angstig my eie kunsmatige brander te probeer skep.

Die geluksmotief laat jou vir die oomblik se korttermyn lekkertetjie gaan. In plaas daarvan om jou oog op die langtermyn dinge te hou. Jou energie te stort in dit wat konstante waarde en ‘n egte passie in jou lewe kan loslaat.

Kies eerder vreugde!

Daar is dinge wat vreugde steel: Strengheid. Rigiditeit. Afwesige liefdeswoordjies. Werkbeheptheid. `n Gebrek aan toekomsdrome. `n Huwelik sonder humor, lag en glimlag is reeds in die moeilikheid. Aldus dr Colbert.

Word laf. Laat die kind in jou los om te speel. “Silly” kom glo uit die Griekse taal. Selig. Geseënd.

Laat vaar sarkasme en `n skerp tong. Afrbrekende humor doen die teenoorgestelde as wat ons hier probeer vermag. Dit breek af. Jou brein vang nie die “grap” in `n stukkie afkraak “wittiness” nie.

Voorskrif 3: Bly getroud – of trou.

`n 30 jaar lange studie wys die volgende:

Mense met die

minste depressie = getroudes

tweede minste = die wat nooit getroud was nie (Paulus was dalk tog nie só dom toe hy gesê het dis beter om nie te trou nie!)

derde minste = eenkeer geskei

vierde minste = saamblyers wat sonder kontrak en beloftes saamwoon

vyfde minste = meer as eenkeer geskei.

Daar het ons dit…

•Smile en…

•Bly getroud! Of trou nou `n slag. Daar is niks erger as `n suurknol wat boonop commitmentphobic is nie!

 

Please register or log in to comment