Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Philip Liebenberg

@ Sunday Times Books LIVE

Wat maak ek met die eise wat mense aan my stel?

Wat sal ek wees in 2009. En vir wie?

Philip Liebenberg

Die Kapel

4 Januarie 2008

Die vraag is gedurig in my kop

•Ek het grootgeword met `n paar teenoorstaande waardebepalers in my lewe. My ma het elkeen van ons kinders waardeer vir sy essensie. My pa het verwag dat ek sy wil moet gehoorsaam, maar teen die skool en samelewing rebeleer. My pa se ma het ons met `n ystere wil regeer: selfs jou onderbroek gekies om by jou broek te pas wanneer jy by haar gekuier het en my eenkeer berispe omdat ek nie vir haar `n verjaardagkaartjie gekoop het nie. My ma se ma het verwag dat ons kruiperig hoflik en inskiklik moet wees en akademies presteer. My ma se pa het nagdiens gewerk en ons bedags met wrewel bejeën nét omdat ons snags mag slaap. As straf het hy seker gemaak dat ons dae so sleg as moontlik was. My pa se pa was sag, maar jy moes `n Dopper wees. Ek was nie een nie. Ek was in `n sekte: die AGS. Diep in my skuil daar vandag nog `n mannetjie wat soms vir my probeer voorskryf wie ek moet wees. Dat ek ander mense se goedkeuring moet wegdra. `n Mens raak nooit heeltemal van daardie stemmetjie ontslae as jy so dwingend grootgemaak is nie. Maar ek het hom sy mond al goed leer snoer deur telkens kliphard te sit en dink oor wie en wat ek moet (én wil) wees. My konteks en die gees van Liefde is nou my kompas. Geen mensebehaery meer vir my nie. Kom ek vertel jou hoe ek daaroor dink.

Die gebod van liefde laat my vrae vra.

•Daar is `n paar vrae wat ek myself afvra wanneer ek moet besluit wat liefdevol en wat liefdeloos sou wees in `n spesifieke scenario. Eers kry ek die negatiewe goed uit die pad:

•Doen ek enigsins skade aan die ander mens?

•Indien nie, vra ek myself of ek dalk wel ‘n irritasie is. Is dit ondraaglike ongerief wat ek die persoon besorg of is dit maar deel van die lewe se realiteite – iets waarmee ons almal moet leer regkom?

•Dan die belangrike vraag: is ek aspris in die skep van daardie ongerief of is dit die gevolg van wie ek in my wese is. Sal dit kan verander of gaan ek my tyd mors omdat dit deel van daardie paar dinge in my is wat nie veel gaan verbeter nie al sou ek dit my heelhartige fokus gee. (Hulle sê mens kan jou swakker eienskappe net met so 2 kerfies verbeter en dat jy nooit daarin sal uitmunt nie.)

•Nog `n vraag is dit: is daar `n botsing van waardes tussen my en die ander persoon wat deur hierdie irriterende gedrag van my ten toon gestel word?

•Is dit moontlik om `n kompromie aan te gaan of het dit tyd geword om die vriendskap af te skaal en uit die persoon se vaarwater weg te kom?

•Die lewe is nie wit-swart nie. Die goed vra soms redelike dinkwerk. As jy `n perfeksionis is en jou huismaat is op ander dinge as skoonmaak en opruim gefokus is daar nie `n reg en `n verkeerd nie. Dis waardes. Soms doodgewoon bedrading in die brein. Dis menswees wat verskil. Die ongerief sal dikwels maar aan die binnekant van die hart aangespreek moet word: besluit om te leef en laat leef. Hoe kies mens tussen twee mense se prioriteite wanneer die uitleef van hulle prioriteite mekaar affekteer? Gaan kyk na jou hart. Is daar `n gerigtheid op die ander persoon se belange? Het jy `n hart wat sê: “Ek is bewus van die ongerief wat ek veroorsaak.” Of: “Ek sal my bes doen om dit tot die minimum te bekamp.” Dis belangrik om bewus te wees van die effek wat `n mens op ander het en nie ongevoelig daarteenoor te staan nie. Dít is liefde. Bedagsaamheid. Bewus en gevoelig. As jy `n laatkommer is is dit belangrik om te weet dat dit iemand anders pla, maar aan die anderkant is dit ewe belangrik vir `n stiptelike persoon om te weet dat dit baie spanning op `n “laid back” persoon plaas om dodelik stiptelik te moet wees en die horlosie met presisie dop te hou.

•Hierdie soort verskille skep spanning. Myns insiens is dit deel van die lewe en sal dit altyd daar wees. Die lewe skep so geleenthede vir kreatiewe kompromie, maar ook vir die ontwikkeling van akkomerende gesindhede in mens se gees. Dis `n gawe – hierdie geleenthede om te leer aanvaar.

•Tóg glo ek dat mense hulleself soms met `n onnodige merge van twee teenoorstaande waardestelsels opsaal. Mens behoort jou lewensmaats en vriende slim te kies. Goed dink voordat jy sommer saam in een huis intrek of vennootskappe aangaan. Wanneer `n mens nie die moeite gedoen het om uit te vind wat jy nié weet nie, behoort jy eintlik nie stof op te skop wanneer jy dit die dag te laat uitvind nie!

•‘n Laaste vraag wat ek myself afvra: “Het my gedrag te doen met die kernelemente van my verhouding met hierdie persoon of lê dit op die periferie?” As ek my lewensmaat van toegeneentheid, liefdevolle interaksie of seksuele intimiteit weerhou omdat ek gepreokkupeerd is, is dit byvoorbeeld nie iets waarmee ek myself mag laat wegkom nie. Dit raak die kern van die verhouding. Die gebod van die liefde dring my om myself in so `n geval aan te tree en reg te ruk.

My belofte in 2009

•Met hierdie vrae beantwoord moet ek op die positiewe vraag fokus: “Wat sou dit beteken om God lief te hê? Mense sê dat ons die Here moet behaag. Wat is dit? Ek glo nie ek kan die Here charm nie. Ek glo ook nie dat Hy `n vreemde soort genot daaruit put as ek toertjies doen nie. My menswees kan ook nie juis Sy troon laat kantel nie. Ek, klein mensie, het nie die vermoë nie om Sy “geluk” te steel nie. In Homself is Hy sekerlik oukei.

•Ek glo wel dat Sy ontwerpersplan vir menswees voltrek word wanneer ek liefdevol teenoor die mense in my lewe is. Dat dit Hom met “genot” vul. Die plan wat uitwerk: mense wat mekaar gelukkig maak. En ek is naïef genoeg om te glo dat die liefhebbende God daarvan hou wanneer iemand se hart bokspring van tevredenheid en geluk. Maak ek jou gelukkig is Hy gelukkig. Báie hêppie. Verder werk die goddelike wet van liefde so: wanneer ek jóú gelukkig maak is ék gelukkig. Daarom kan ek nie glo dat daar `n fragmentering in die liefdesgebod kan wees nie. Baie mense reken dit werk so: Eers moet jy die Here liefhê. Baie lief. Dán ander mense. Baie lief. En eers dán, indien daar nog liefde oor is, mag jy jouself liefhê. Dis amper asof ons glo ons moet die hele tyd ten koste van onsself leef. Amper onsself afskeep. Sommer net vir sommer. Nee, ek glo dat die liefde een ding is en dat dit in drie rigtings gelyk uitreik: wanneer ek liefhet tref dit God, mens, dier en myself gelyktydig. Almal is hêppie.

•Toegegee: partykeer moet mens kies tussen jou belang en dié van`n ander. En partykeer is dit toepaslik om eerder die ander se belang te kies. Dit hang van die spesifieke omstandighede af. Die besluit sal weereens binne die konteks bedink moet word. Jy sal alweer vir jouself `n paar vrae moet vra voor jy jou besluit kan neem. Viva die liefde. Dis `n bewuste keuse. Die Heilige Gees is gereed om jou te lei. Wees bedag!

 

Please register or log in to comment