Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Philip Liebenberg

@ Sunday Times Books LIVE

Philip Liebenberg on the panel of guests at the screening of the Oscar nominated documentary, “For the Bible tells me so”.

Pastor Philip Liebenberg, author of “Daar is ‘n gay pastoor in my kop” (“There is a gay pastor in my head”) will be on the panel of guests at the screening of the Oscar-nominated documentary, “For the Bible Tells me so”. This documentary is being screened as part of the Out in Africa Gay and Lesbian Film Festival.

Other panel members include Janine Preesman (Glorious Light MCC) and Douglas Torr (Anglican priest). The panel members will conduct a Q&A session after the 7:30 screening of the documentary on Saturday, 13 September at Nu Metro Killarney Mall.

Copies of Philip’s book will be available at Exclusive Books Killarney Mall and Philip will be available for book signing, a chat and some coffee at Exclusive Books afterwards.

Die dokumenter is nie net baie aangrypend nie, maar die verhale van ouers wat hulle kinders aanvaar het as gay en lesbies is ook baie inspirerend. Verskeie prominente mense verskyn in die dokumenter, onder andere Biskop Gene Robinson, die eerste openlike gay biskop in die Anglikaanse kommunie. Gene se ouers deel ook hul eie ervaringe i.v.m. hul seun en hoe hulle deur die jare hom as gay aanvaar het. Gene se eks-vrou, “Boo” deel ook hoe hul eie huwelik deur sy bekentenis geraak is- hulle het saam ‘n “release of vows” seremonie gehad om so die huwelik op ‘n geestelike wyse tot einde te roep. Sy was by sy ordening as biskop en die toneel is een van die talle roerende tonele in die dokumenter, wat talle toekennings ontvang het en vir ‘n Oscar benoem is.

Daar is talle teoloë wat in die dokumenter verskyn wat die mite dat die Bybel ‘n bepaalde seksuele etiek het, wat vir alle tye geld, en dat die Bybel teen liefdevolle gay en lesbiese verhoudings is, goed in die wiele ry. Die dokumenter is nie net vir gelowiges nie, maar is iets waarby mense wat hulself as “nie-gelowig” beskou ook sal baat, want ons samelewing word nog steeds baie bepaal deur dit wat mense glo oor die Bybel.

Stylisties is die dokumenter ook ‘n absoloute visuele kunswerk en stap mens uit die teater met ‘n warm gevoel in jou hart. Biskop Robinson het ook onlangs ‘n boek vrygestel, “In the eye of the storm- swept to the centre by God” en dit is baie interessant hoe hy en Philip Liebenberg, twee predikante van twee verskillende denominasies en vanaf twee verskillende kontinente, so ‘n soortgelyke pad kon stap en ten spyte van als so ‘n hart van liefde kan hê. Beide outeurs raak jou ook baie diep deur hul geestelike passie en hul diep spiritualiteit.

Moenie die dokumenter misloop nie!!

———————————————————————

More Information about “For the Bible Tells me so”/Meer Inligting oor “For the Bible tells me so”:

DIRECTOR: Daniel Karslake
USA 2007 100min

JHB: MON 8 @ 7.15pm ♥ SAT 13 @ 7.30pm (PANEL)
CPT: MON 15 @ 6.30pm (PANEL) ♥ THURS 18 @ 7pm

Homosexuality is a sin – or so a sector of fundamental Christians would have us believe. In this intimate yet provocative film, the families of five gay Christian Americans discuss what homosexuality has meant to their family, and how familial love and acceptance has triumphed over the alienation and rejection endorsed by their churches. Adding intellectual fuel to the fire, the filmmaker debunks myths surrounding homosexuality through a cartoon illustrating scientific fact, two Harvard theologians deconstruct the scriptures (and the contextual meaning of ‘abomination’), and world experts, including our own Archbishop Tutu, express their opinions on discrimination and the intentional misinterpretation of the scriptures. In this thorough, positive and ultimately hopeful documentary, the filmmaker presents a complex subject with both personal and intellectual arguments that encourages people to examine their beliefs rather than mindlessly accept the words of others.

2008 Oscar nominated

More information on the documentary at the Out in Africa Gay and Lesbian Film Festival Website:

http://www.oia.co.za/films/features/for-the-bible-tells-me-so/

Information about Panel Members for the documentary’s screening:

http://www.oia.co.za/film-festivals/guest-appearances-and-panel-discussions-in-jhb/

——————————————————————————————————————-

Facebook Event Information link: http://www.new.facebook.com/event.php?eid=33055932174

Website, “For the Bible Tells me so:” http://www.forthebibletellsmeso.org/indexd.htm

Directions to Killarney Mall: http://www.killarneymall.co.za/contact/streetmap.html

Out in Africa Gay and Lesbian Film Festival: http://www.oia.co.za/

Gayspeak: http://www.gayspeak.com/

Daar’s ‘n gay pastoor in my kop: http://www.new.facebook.com/group.php?gid=18723828889

Professor Gerrie Snyman het my laasnag wakker gehou. Philip Liebenberg, skrywer van “Daar’s `n gay pastoor in my kop” sê: Prof Gerrie is `n lig in die donkerte van eeue se onetiese Bybellees.

Professor Gerrie Snyman van UNISA hou my snags laat wakker. Sy boek, “Om die Bybel anders te lees”, bevestig op eg akademiese wyse al die leke intuïsie wat al jare lank in my lyf skuil. Ons moet die Bybel anders lees.

In 2002 drink ek koffie saam met `n nuwe lidmaat. Dit was `n Indiër man wie se pa `n pastoor is. Op my vraag oor hoe sy pa oor hom as gay man voel slaan hy my asem weg met sy antwoord: “My dad says that if the Bible says I’m wrong, surely the Bible must be wrong!” Sy pa ken hom en weet dat hy lief is vir die Here. En juis dít het sy pa laat besef dat daar sekerlik meer agter die Bybelverse oor mans wat by mans lê moet skuil. Daardie lê was `n ander soort lê as die lê wat sy seun lê. Daardie tyd het ook `n heel ander verstaan van die kategorieë van menswees gehad.

Die skeppingsverhaal weet niks te vertelle van transseksuele, a-seksuele, homoseksuele en wat nog alles nie. Straight man en straight vrou. Dís die soort mense waarmee die Here die aarde volgemaak het. Ek glo nie hoor. Net so min as wat daar net vissies en voëltjies en leeus en tiere op die aarde geleef het. Wat van die oergediertes? Jurassic Park se goeters. Die Bybel praat net oor die goed wat sy skrywers sien rondloop het. Die skeppingsverhaal is wonderlik. Maar dis verseker nie `n historiese dokument nie. Ook nie juis wetenskaplik nie. Gideon Joubert se Boek, “Die groot gedagte”, het my aangegryp toe ek dit jare gelede gelees het. Hy wys daarop dat die ses dae van Genesis baie moontlik mooi korreleer met ses onderskeibare fases in die véél langer skepping.

Professor Gerrie Snyman verduidelik hoe die Bybel se verbod op Israel se vermenging met ander nasies uit sy verband geruk en op ander nasies toegepas word. Vandaar rassisme en die gruwel van apartheid waaruit ons en die slagoffers daarvan nog steeds elke dag `n stukkie pyn breek om aan te suig. Die kliniese lees van die teks sonder etiese verantwoordelikheid teenoor die konteks van die skrywers in vergelyking tot die leser van ons dag, het die dierbare oom Totius groot sonde laat pleeg. En al die tyd dink hy hy volg God se Woord!

Sonder inagneming van die kultuur van die Bybel waarbinne vroue moet stilbly en gehoorsaam wees, lees ons die wette daaroor – sowel as Paulus se instemming – en vertel in 2008 steeds vir baie gesofistikeerde vroue, binne `n kultuur waar hulle mans soms ore aansit in die werksplek, dat hulle van die preekstoel moet afklim en hulle monde hou in die kerk. Onthou asseblief dat Paulus ook met slawerny saamgegaan het. Hoe eties is dit vandag? Lekker selektief, ons Bybellesery. Daardie tekste is hoeka nie eers vir die fundamentaliste almal ewe heilig nie.

Nee, Professor Gerrie, ek is so bly dat ek vanoggend te moeg is om die dag te begin. Ek is jou ewig dankbaar dat jy my laasnag wakker gehou het. Jou boek lê op my bedtafeltjie. Reg vir vannaand se verder lees.

Prof Gerrie, ek wil volgende jaar by jou verder gaan teologie swot. Ek wens ek kan die hele land se mense saam met my sleep dat ons jou klas propvol kan maak.

Professor, jy is ‘n lig in die donkerte van eeue se onetiese Bybellees. Dankie daarvoor.

Oud dink maak lees ook oud

ou-dink-maak-oud-lees_1.jpgou-dink-maak-oud-lees_2.jpg

ou-dink-maak-oud-lees_3.jpgou-dink-maak-oud-lees_4.jpg

Mens mag met die tekste in die Bybel onderhandel. Ons leef uit ons verhouding met God en nie in pappegaaierige napraat van tekste wat uit konteks gelees word nie.

Bybelse norme staan glad nie so vas as wat ons beweer nie. Nie eers ons eie afleidings uit die Bybel het deur die jare vasgestaan nie. Skrywer van “Daar’s `n gay pastoor in my kop”.

Toe ek `n tiener was het ek eendag op Port Nolloth se strand amper my tong ingesluk van skok. Ek het vir my meisie, Lovedia, gepreek oor haar grimering. Die Bybel sê vroue se mooimaak mag nie uiterlik wees nie, maar innerlik. Toe sê sy ewe spitsvondig en rebels: “Ek mind nie wat die Bybel sê oor grimering nie!” Ek was geskok! Maar sy was glad nie so verkeerd nie. Vandag steur niemand hulle meer aan daardie mooimaak reëls van oorlede Apostel Petrus nie. Dit maak nie vir ons sin nie en klaar. Al die Christene wat so met my baklei omdat ek nou volgens hulle die Bybel buig om my te pas: julle buig self oor jare baie van die Bybel se reëls. En daar is niks mee verkeerd om sekere reëls in die Bybel maar net as deel van daardie tyd agter te laat nie. Dis doodnormaal. Soos slawerny. Paulus stuur dan glad `n slaaf terug na sy baas toe. Later jare het slawe met reg gesê: “Ek mind nie wat Paulus sê nie; ek is niemand se slaaf nie!” En voila! – slawerny is nie meer die norm nie.

Mens kan gewis met die Bybeltekste in diskoers gaan, ja.

Ons is geleer dat die tekste in die Bybel klinies en saaklik, objektief, die wil van God vergestalt. Geen ruimte vir onderhandeling nie.

Jesus het dit verkeerd bewys deur iemand op die Sabbat gesond te maak. Hy het die wet verbreek deur dit te doen!! Sy verweer? Die Sabbat is vir die mens gemaak, nie andersom nie. Toe dit nodig is om die wet te “buig” vir ‘n goeie einddoel, toe doen Jesus dit.

Daar is baie ander voorbeelde van hoe ons samelewing en kerk reeds lankal met die Boek onderhandel: Moses laat egskeiding toe, Jesus sê “Nee”. Ook vir hertrou met iemand anders sê Jesus nee. Wat doen ons? Ons buig daardie reël omdat ons dit prakties en nodig vind vir lewensgeluk! Die reël is vir die mens daar. Die mens is nie daar om deur reëls tot verwronge wese verdruk te word nie.

Daardie einste Levitikus sê dat semen en menstruele bloed onrein is. Ons sien dit anders vandag.
Die wet sê ‘n Eunich (ontmande) mag nie in die Here se vergadering kom nie. Later buig die profeet die wet en laat hulle toe.

Niks staan so objektief vas nie. Die kerke self is inkonsekwent, want eers was apartheid Bybels, nou is dit sonde.

Ons skuif graag sekere norme soos die tyd nuwe insigte bring. Ander norme skuif ons nie want dis nie vir ons eie lewens noodsaaklik nie.

Ons sal moet vrae vra oor waarom die wette gemaak is toe hulle gemaak is. Julle sal verbaas wees om te sien hoe die reëls die belange van ‘n sekere tyd dien. Lees Prof Gerrie Snyman se boek “Om die Bybel anders te lees”. Dit sal maak dat ons as Christene met beter insig oor die saak van Bybelse norme kan praat.

Oor tieties en totties en pa’s wat spot. Philip Liebenberg – Daar’s `n gay pastoor in my kop.

Baie mense dink net seksueel oor gays. Asof ons nie liefhet nie. Asof dit net oor seks gaan. Aan die ander kant dink baie mense weer nie konkreet genoeg oor gaywees nie en besef nie die realiteit van hulle gay kinders se wroegings nie. Ek kom gereeld mense teë wat dink dat gays se gaywees hulle in hulle kinderjare laat popspeel en in hulle volwasse jare laat huise versier. Hulle maak dit ‘n “sissie”-ding en nie ‘n seksuele ding nie. Dis waarom ek baie duidelik uitspel wat in my gay kop aangegaan het vandat ek dertien jaar oud was. Sodat pa’s en ma’s van gay seuns sal besef dat die afwesigheid van ball sense niks is in vergelyking met die teenwoordigheid van gay seksdrange in die gay kop nie. Jou kind begeer ‘n manlike liggaam. Hy begeer ‘n penis. ‘n Ander man of seun se penis. En borskas. En hande. Bene. Boude. Dis konkrete begeertes, net soos die straight seun se behoefte aan ‘n paar borste. Soos wat die fantasie oor die juffrou se borste hom in die klas laat dagdroom en oorlog voer met ‘n ereksie terwyl die juffrou staan en praat oor die Tweede Wêreldoorlog, só laat die bult in die meneer se broek die gay laaitie dagdroom en met sy ereksie oorlog voer. Daarom help dit nie dat ons daarvan wegskram terwyl ons met ons straight seuns grap oor hoe mooi “tieties” vir hulle is nie. Ons sal moet wakker word oor die realiteit van die “totties”ook. Jy kan preek en hoop en duim vashou soos jy wil, dit gaan nie verdwyn nie. As jy dit nie ernstig gaan opneem en reg kanaliseer nie, gaan hy daardie “totties” in donker plekke begin soek.
En terwyl jou straight seun op vier-en-twintig verloof raak, gaan jou gay seun met ‘n seksverslawing sit. Hy gaan met verskillende mans speel in die loop van een maand. Of hy gaan ook trou en diep ongelukkig wees totdat sy huwelik in sy gesig ontplof. Of hy gaan probeer selibaat wees en homself verag wanneer hy vir versoekings val. In alle gevalle gaan hy diep eensaam voel. Ek verstaan al die mooi teorieë, ek was self deel van die hoofstroomkerk se opvattings. Maar dit beteken niks dat die sinodes en werkersrade besluite neem wat preuts en onrealisties is terwyl die kerk se seuns – terwyl daardie vergaderings aan die gang is – wil mal word van frustrasie en eensame, opgeboude hitte in hulle lendene nie. Hierdie stryd word nie in vergaderings gestry nie, hy word in regte mans se koppe gestry. Mense met sterk drange en groot behoeftes aan liefde en lewensmaats. Die kerk kry dit nie reg om die gay mense by die kerk te hou nie. En baie van dié wat in die kerk is, is nie eerlik oor wat hulle doen nie. Ek weet. Ek beraad hulle. Is dit omdat gays teen God is? Omdat hulle in hulle massas weier om die Here te dien? Niks van Jesus wil weet nie? Nee, glad nie. Dis omdat dit deksels onredelik is om te verwag dat ‘n man sy drange so moet ignoreer terwyl sy broer se drange maak dat ‘n hele kerk vol mense sy troue bywoon. Dan gaan lê sy broer by sy bruid en hý voel bedremmeld en gaan gym. En met daardie bedremmelde gevoel, liefde vir Jesus en al, sien hy ‘n aantreklike ou se boude en mooi glimlag en onder die stort kan sy penis nie slap bly hang nie, al probeer hy hoe hard. Hy is eensaam, gefrustreerd. Skoon moeg as hy dink hy is nou vier-en-twintig en hy moet so bly lewe tot sy tagtigste verjaardag. Dan word sy penis stokstyf en hy kom in ‘n ommesientjie. Dis die lewe. Van ons gay seuns en mans. Dis ons lewe. Jy mag sê dat straight enkellopendes dieselfde pyn beleef. Ek antwoord: Nee. Straight mense het hoop. Hulle bid vir lewensmaats. Hoop is ‘n wonderlike ding; dit gee lewe.

“Wat is draadtrek?”, vra ek skynheilig. Koshuisspeletjies, leuens en verwronge dogma wat `n seun skaam maak vir menswees.

Ek “trek mos nie draad nie”. Ek dien mos die Here! My leuen het jonk-jonk al begin omdat my godsdiens se dogma verwronge was.

Ek het die Here op veertien met `n onverbiddelikheid gedien en dit was wonderlik. Die AGS giet Christenskap in `n lekker kerklewe. Terwyl ek op Springbok in die koshuis was, was hierdie kerklewe die bron van `n hele paar goed. Een was my meisie. Sy en haar gesin se huis op Nababeep was my tweede huis. Dan was daar tannie Maria Brand. Sy was arm en het in `n skakelhuis in Springbok se middedorp gebly. Elke Woensdagmiddag verwelkom sy my met ‘n paar snye swaar tuisgebakte brood en koffie voordat ek en sy by haar eetkamerstoele kniel om saam te bid. Die gemeentebidure het my in die middel van die week uit die kilheid van die studiesaal verlos sodat die warmte van ons kerkie daar teen die koppie sy arms om my kon vou.

Die enigste lekker ding wat ek nie by die kerk gekry het nie was die “selfbevlekking” en die fantasieë in my kop. Sondagaande ná “ligte uit” hou die klomp standerdsesse `n kyk-wie-kom-eerste-kompetisie in die klooster, maar ek is te godsdienstig en oneerlik oor masturbasie om my bed ook nader te skuif. Buitendien het ek vrede met die sigaret wat as beloning uitgeloof word en is steeds nie aangetrokke tot enige ander seun nie. Een aand is hulle al besig, toe hou ek my weer stupid. Uitasem verduidelik een ou wéér eens vir my presies hoe om te maak. Ek het gesê: “Jy’s `n vark!” en met sy storie as petrol my ding alleen gedoen. Dat hulle hier neffens my in die donker kamer met mekaar kompeteer het, hét my getrek, maar nie so sterk dat ek dit op my gewete wou hê nie. Die vryery met Lovedia het my laat gloei. Die verwarrende teenstrydigheid het daarin gelê dat ek aangetrokke tot my meisie was, maar steeds onophoudelik oor onderwysers in die koshuis gefantaseer het. Een van hulle het so ‘n sterk appél tot my gerig dat ek soms `n ereksie gekry het wanneer hy in sy kortbroek in die studiesaal rondgestap het. Dit het my vieslik vuil laat voel, maar ek het myself oortuig dat ek met hom as ‘n rolmodel behep is. Dat ek graag met hom wil identifiseer omdat sy liggaam dit waarheen my eie liggaam op pad is vergestalt. En dat dit maar net was omdat ek nog nie die homoseksuele fase van tienerwees ontgroei het nie. Hierdie oortuiging is baie versterk deur die feit dat ek twee fantasieë oor hom gehad het: Ek sou partykeer daaroor fantaseer dat hy saam met my masturbeer, en my ander kere voorstel hoe hy met sy meisie verkeer. Dit het nooit by my opgekom dat ek my nie die meisie se liggaam voorstel nie. As ek mooi daaroor gedink het, sou ek toe al besef het dat ek dit geniet om met `n meisie te vry, maar nooit oor haar liggaam fantaseer nie.

Later daardie jaar sit ek een oggend oorkant die dokter in sy spreekkamer. “Dink dokter dat masturbasie sonde is?” vra ek bewerig want ek kan nie daarmee ophou nie. “Philip, jong, jou pa is mos ‘n pastoor. Ek dink jy moet hóm eerder daardie vraag vra.” Ek is sleepvoets by sy spreekkamer uit en skryf vir my pa `n brief: “Liewe Pa, Pa weet seker teen dié tyd dat ek partykeer masturbeer. Dis nie `n groot probleem nie, Pa hoef nie baie bekommerd te wees nie, maar dit pla my gewete en ek wil dit graag stop. Het Pa groot asseblief vir my raad en moenie met my raas nie, asseblief, Pa! Met liefde, Tiekie.” Daardie naweek by die huis sit ek die brief onder sy Bybel op die lessenaar. Hy het my in sy kamer ingeroep en foto’s van punks in die koerant gewys. “Dít is hoe jy gaan uitdraai as jy nie ophou nie! Dis omdat jy nie rugby speel nie dat jy nie daarmee kan ophou nie. Gaan speel verdomp rugby en raak ontslae van jou energie, en as jy nóg nie kan ophou nie, gaan staan onder `n koue stort!”

Ek het nie gaan rugby speel of onder `n koue stort gaan staan nie. Ek het onder warm storte ingeklim of gebad.

Eendag het ek my moses teëgekom met my ewige ontkennings. Ek was die oggend voor skool besig om my af te droog in een van die badhokkies toe Kobus Ali, `n ouer seun, aan die deur hamer en skreeu dat ek die badprop moet terugdruk omdat hy gou wil bad voor die etensklok lui. Hy moes om die dood nie in my badwater te lande kom nie! het ek verskrik gedink. Ek het die deur oopgemaak en gesê dat ek gou eers die bad sal was, maar hy was vasbeslote. Daar druk Kobus die badprop terug en ek laat spat na my kamer toe en ys vir wat wag. In die eetsaal het ek net by my sitplek aangeland toe Kobus op my afstorm. “Vir wat tos jy in die bad?” spot-raas hy. “As dit nog ek of enige ander ou was, maar jy wil `n pastoor word!”

Daardie woorde, wat hy as `n grap bedoel het, het my vermoede bevestig dat pastore nie dieselfde mag wees as gewone mense nie en daarom het ek bly lieg, want ek wás nes ander mense.

Pleks dat pa my trots op my penis gemaak het, het ek gehoop mense dink ek het nie een nie.

Ek was in standerd ses op Randburg Hoërskool. Dit was in 1976. Ons het intussen in Oaklaan 235 gaan bly. Dit is waar MNet vandag is. Eendag het ‘n klasmaat voor die houtwerkklas vir my gevra of ek al masturbeer. Ek het gelag en gevra wat dit is. Hy het verduidelik en ek het gesê hy is mal. Hy wou nie kop gee nie en het my vertel dat hy en ‘n ander klasmaat dit gereeld saam doen en my genooi om deel van die speletjie te word. Ek het dit van die hand gewys. Ek wou, maar ek sou nie. Niks omtrent my klasmaats het my seksueel so sterk aangetrek dat ek dié sonde op my gewete wou hê nie, en ek wou nie eers hê dat hulle moet weet dat ek die daad pleeg nie. Ek wou nog steeds net baie graag weet hoe volwasse mans se liggame lyk. Dit het my oortuiging dat ek net `n puber-homoseksueel was versterk.

Ek wou toe al `n onkreukbare pastoorbeeld uitstraal en het `n patroon gevestig om sulke goed nooit eerlik met maats te bespreek nie, maar dit privaat te hou en daaroor te bid. Ek was skaam oor die feit dat ek seksuele behoeftes het en dit het my beslis vuil laat voel. Dit was alreeds ongesond. My pa se preutsheid was `n groot fout. Hy het daarin misluk om my trots te maak op my seksuele orgaan en sy werking. ‘n Penis was iets om te geniet wanneer niemand kyk nie, terwyl jy hoop dat mense dink jy het nie een nie! Amper asof jy soos ‘n winkelpop in daardie area geamputeer is.

Vandag beskou ek die druk op predikante om bomenslik “super” te wees in dieselfde lig. Daardie vrome beeld help ons geensins om al ons fasette met ons menswees te integreer nie. Dit ontneem ons daarvan om totaal eerlik te wees wanneer die groot vraagstukke van menswees tussen vriende ter sprake kom en ervarings uitgeruil word. Ek het altyd net geluister en skokke geveins oor my maats se eerlikheid.

Oor laaities se nuuskierigheid oor groot ooms se penisse

My laaste jaar op laerskool was ook die eerste van baie jare se geestelike stryd met God. Die tema van seks en die Christen het sy intrek in my kop kom neem. Van vlekkelose Christen na die groot bohaai oor “selfbevlekking”!

Danie se verjaardag was in Januarie en Pa het ‘n groot klomp vriende vir `n braai na ons nuwe plot met die swembad toe genooi. Toe oom Ronnie aankom, het Pa my uit die swembad gejaag met die opdrag om hom te gaan wys waar my kamer was sodat hy sy swembroek kon aantrek. Daar was net kantgordyne voor die venster omdat die kamer op die eerste verdieping was, maar oom Ronnie het ongemaklik gevoel om daar verklee en trek toe sy swembroek bo-oor sy onderbroek aan. Ek was baie teleurgesteld, want my hart het wild begin klop toe hy sy langbroek uitgetrek het; ek wou hom baie graag sonder sy klere sien. Ek kon die volgende dag nie ophou om daaraan te dink nie en was spyt dat daar nie gordyne voor die venster was nie. Ek het later daardie jaar baie konkrete fantasieë oor my Geskiedenis-onnie gehad wat my van kommer oor my siel en my plek in die hemel laat bid het soos nog nooit tevore in my geestelik intense kinderjare nie. Ek het elke dag by die skool oor hom gefantaseer en in die middag by die huis vir die Here gevra om my te vergewe en te help om daarmee op te hou. Ek was dertien jaar oud en was so aangetrokke tot daardie mooi swartkopman dat ek hom met mag en mening nakend wou sien. Ek het onophoudelik gewonder oor hoe hy sou lyk. Ek het tot op daardie dag nog nooit met een enkele maatjie oor seks gepraat nie. Hierdie gedagtes het spontaan in my kop kom lê. Ek het ook nog nooit gemasturbeer nie, en het nie eers geweet dat daar so iets bestaan nie. Die naaste wat ek teen daardie tyd aan ‘n seksuele daad gekom het, was ‘n jaar tevore toe ek in standerd vier by oupa Flip en ouma Kaatjie gekuier het. Ek het een oggend nadat ek gebad het met my handdoek om my lyf kamer toe gestap. Die lekkerte van naak wees het my ‘n ereksie laat kry waarmee ek trots voor die spieël gaan staan het. Ek het vir ‘n hele rukkie daarna staan en kyk en toe my klere aangetrek. Ouma Kaatjie het my geroep, maar ek moes wag vir die ereksie om te verdwyn voordat ek na die ontbyttafel toe kon gaan. ‘n Mens sou verwag dat die fantasieë oor my onderwyser niks meer sou word as bloot die behoefte om te sien hoe hy sonder klere lyk nie. Moenie glo nie! En dit is waarom ek vas glo dat instink sy rol goed gespeel het. Ek het eendag in die klas gesit en ‘n baie gedetailleerde fantasie oor ons saam gehad. En dit terwyl ek niks van seks geweet en myself nog nooit eers bevredig het nie. In daardie stadium was ek `n maklike prooi vir `n pedofiel en ek dank God dat so iets nooit met my gebeur het nie. Ek wou so graag groot ooms nakend sien dat ek eintlik in gevaar verkeer het.
» read more

Bekendstelling van “Daar’s `n gay pastoor in my kop” Fotos

Bekendstelling Galery

philip-praat-3.JPGphilip-teken-4.JPGstapel.JPG
philip-teken-2.JPGphilip-praat-4.JPGphilip-teken-1.JPG